Search
  • Josey Hendriks, CEO, Cerealis Precision

AG Leader nou ‘n belangrike lid van Cerealis se gedugte presisie-span!


Cerealis Precision het op 1 Desember 2016 die besigheidsbelange van Nel Precision Farming, insluitend die invoer en verspreidingsregte van die Ag Leader-handelsmerk, oorgekoop. Hiermee streef Cerealis daarna om hul top produkreeks uit te brei en sodoende ook presisietoerusting buite die plantermark, in te sluit. Ag Leader word alom beskou as een van die voorste handelsmerke in die veld van presissietoerusting. Dus Cerealis se besluit om die Ag-Leader agentskap tesame met die gespesialiseerde kennis en ondervinding van Mnr Mac Nel tot sy span toe te voeg.

Die Ag Leader-kantoor op Fochville sal vanaf 1 Januarie 2018 sluit en deel word van Cerealis se bestaande infrastruktuur in Lichtenburg om sodoende meer effektiewe diens te lewer. Mnr Mac Nel verlaat ook Cerealis se diens om persoonlike doelwitte na te streef. Cerealis is bewus dat Mnr Nel se kennis nie oornag vervang kan word nie maar, verseker graag ons kliente dat Cerealis se fokus is om die Ag Leader handelsmerk ook in Suid-Afrika die markleier in presisieboerdery te maak en vir ons kliente die beste diens en tegniese ondersteuning te bied.

Die bestaande Ag Leader agentenetwerk bly in plek met die doel om dit te groei en sodoende die beskikbaarheid en diens van die Ag Leader produkte regdeur Suidelike Afrika toeganklik te maak.

Kontak gerus vanaf 1 Januarie 2018 die Ag Leader verteenwoordiger in u area;

ALGEMENE NAVRAE:

- Josey Hendriks 082 8977 180

VERKOPE:

- Francois van Rensburg (Landswyd) : 082 333 1330

- Chris le Roux (Ooste): 082 787 6718

- Lourens van Rensburg (Sentraal): 082 859 5982

- Jonathan Fransisco (Weste) : 082 707 605

- Jacques Stopfort (Fochville en omliggend) :082 600 2783

TEGNIESE DIENS:

- Johan Reichel: 083 672 0121

- Andries Botha: 083 384 8745

- Jacques Stopfort: 082 600 2783

ONDERDELE EN BESTELLINGS:

- Frikkie Boshoff: 083 637 0109

- Willem Theron: 079 521 2753

#AgLeader #PrecisionPlanting

36 views

© 2015 The Cerealis Group

FOLLOW US:

  • Facebook - White Circle
  • Instagram - White Circle